Liquid Dynamics International
Liquid Dynamics International
Pipeline and Pump user Problem

Analysis, Diagnostics, Prediction by Software

Liquid Dynamics International Offers Pulsation, Vibration & Shock Analysis, Diagnostics & Software Models
Please call toll free USA 1-888-326-7377. We have people, not voice mail.


Fluid Flow Control Animations by Liquid Dynamics.



Hydraulic Analysis / Diagnostics
Hydraulic Analysis
Hydraulic Analysis / Prediction
Oscilographic Modeling Services

 

 


Frequently Asked Questions About Pulsation Dampning & Dampers

(View English)

Definisie
Pulsasie is drukverandering teen frekwensie, en dit word gewoonlik uitgedruk as kg/cm2 en Hz.

MAV
(Die tien mees algemene vrae wat oor pulsasiedemping en dempers gevra word. )

1. Wat is die vernaamste oorsake van pulsasie?

Hoe groter enige een van die volgende getalle, hoe groter die druk wat per slag uitgeoefen word net om die vloeistof te laat beweeg:

  • die massa wat versnel moet word met elke slag van die pomp (die gewig van die vloeistof in die pomp),
  • hoe vinnig dit moet versnel, en
  • die snelheid waarteen dit versnel moet word.

Bogenoemde is die hoofoorsake van pulsasie omdat die meeste pulsasiedempers gekies word na aanleiding van die raad van die pompverskaffer, wat meestal hierdie sake ignoreer.

Pompe veroorsaak vloei, en stelsels veroorsaak druk deur vloei te weerstaan. Drukpulsasie is die verantwoordelikheid van die stelseloperateur, en nie die verantwoordelikheid van die pompverskaffer nie. Moet nooit die verskaffer vra om ’n demper te kies nie.

Drukpulsasie is ‘n verskynsel wat ‘n groot effek op ‘n pompstelsel het, maar dis ‘n effek waarvoor die pompverskaffer geen verantwoordelikheid gaan dra nie. Moet hom dus nie vra om ’n demper te kies nie.

2. Waarom word die belynde deurvloeipulsasiedemper as dubbeldoelig beskou?

Al word die inlaatdrukpulsasie ook grootliks verminder, maak die residuele drukverandering steeds ’n verskil in die pypstelsel. Die stelsel sal die pulsasie teen die akoestiese snelheid van die stelsel terug weerkaats na die pomp.

Akoestiese snelheid is selde minder as 1200 meter per sekonde, en normaalweg 1440 meter per sekonde.

Om ’n drukgolf teen 1400 meter per sekonde te vang, moet jy dit onderskep.

’n Belynde deurvloeipulsasiedemper is dubbeldoelig omdat dit intree-pulsasie verminder en hoë frekwensie pulse wat deur die stelsel weerkaats word, onderskep.

3. Hoe kwantifiseer ’n mens die mate van druk-eweredigheid wat verseker word deur ’n demper te installeer?

Dit word uitgedruk as ‘n persentasie van die teoretiese gestadigde toestand druk wat toegelaat word. (Gestadigde toetstand is dan “gladde” vloei oftewel geen pulse).
Dit word dan toegepas as die resiprook van die breuk/verhouding (die inverse van die breuk).

4. Is daar ’n eenvoudige manier om die regte grootte pulsdemper te kies?

Ja, as jy net intree-pulsasie in ag hoef te neem.

Dan benodig jy:

  • die volume per puls.
  • die persentasie van die teoretiese gestadigde toestand druk wat toegelaat word. (Druk dit uit as ’n breuk en neem die resiprook daarvan.)
  • die faktor vir die tipe pomp wat gebruik word.

  
Voorbeeld:

  • 50 cm3 / ml
  • 4%  = 1/25, resiprook 25/1, dus 25
  • Veronderstel ’n faktor 3

50 x 25 / 3  =  416.6 ml, benaderd 0.5 liter.

5. Waarom sê jy ’n pulsasiedemper kos ‘minder as niks’?

Die deursnee van die pyp word gebaseer op die maksimum vloeisnelheid wat verwag word.

Redes:

  • Die maksimum snelheid wat by ’n positiewe verplasingspomp verkry word, is meer as 3.412 maal die gemiddelde snelheid wanneer ’n stelsel geen elastiese volumetriese demper het nie.
  • Wanneer ’n demper bygevoeg word, word die maksimum snelheid met ’n faktor 3 verminder. 
  • Pype en onderdele is ’n derde van die grootte wat dit andersins sou wees en kos derhalwe baie minder.
  • Die besparing is gewoonlik groter as wat die koste van ’n demper is.

Die snelheid aan die suig-/inlaatkant is gewoonlik .6 m per sekonde.
Uitlaat-vloeisnelhede is gewoonlik 2–4 m per sekonde.

6. Wat is versnellingsdrukhoogte? Waarom is dit ’n verlies? Wat kan ’n mens daaraan doen?

In die vloeistofbehandelingsbedryf is “drukhoogte” druk wat in hoogte uitgedruk word.
Die hoogte van ’n vloeistofkolom bepaal die druk aan die basis van die kolom. 1 m drukhoogte water veroorsaak 0.1 bar druk.

Versnellingsdrukhoogte is dus die druk wat nodig is om die vloeistofmassa na die nodige snelheid te versnel sodat die pomp opgevul kan word aan die inlaatkant.

Wanneer ’n mens ’n suigstabiliseerder (met ander woorde ’n demper) by die inlaat van ’n pomp installeer, word die pulserende drukke gereguleer, wat verseker dat daar genoeg druk by die inlaat is. Verlies van drukhoogte as gevolg van versnelling van die vloeistof by die inlaat word voorkom, en dus word kavitasie ook voorkom.

7. Wat is uitlaatversnellingsdrukhoogte?

Uitlaatversnellingsdrukhoogte is die druk wat nodig is om ’n kolom vloeistof stroom-af in ’n pomp te laat versnel. Dit is gewoonlik dieselfde as die uitlaatpulsasiedruk.
As jy die uitlaatpulsasie wil verminder, is dit die syfer wat verminder moet word.

8. Hoeveel versnellingsdrukhoogte kan ’n demper verwyder?

Versnellingsdrukhoogte kan byna heeltemal verwyder word. Daar is egter altyd ’n klein hoeveelheid wat nie verwyder kan word nie, soos die krag wat nodig is om die blaas-diafragma of elastiese buis teen die slagtempo van die pomp te laat reageer.

9. Wat is die beperkings van elastiese pulsasiedempers?

  • Onverdraagsaamheid van lae temperature (onder -20°C). Die membrane raak hard en kraak.
  • Onverdraagsaamheid van temperature bokant 176°C. Die membraan begin degradeer.
  • Beperkte weerstand teen skade as gevolg van reaktiewe chemiese stowwe.
  • Die behoefte aan ’n groot verskeidenheid elastiese membrane. Elkeen kan slegs sekere vloeistowwe hanteer.
  • Die onvermoë om frekwensies bokant 10 Hz in baie gevalle en 100 Hz in alle gevalle te hanteer.
  • Koste om onderdele soos diafragmas en buise te vervang.
  • Membrane wat van spesiale stowwe soos elastomere en plastomere gemaak word.
  • Staantyd en verlore produksietyd om membrane te vervang.
  • Dempers moet vooraf met stikstof gevul word.

EN
Wat is die alternatiewe vir elastiese pulsasiedempers? Dit is ’n demper met geen bewegende dele nie. Hulle word ook reaktiewe dempers en akoestiese dempers genoem.

10. Hoe kies ’n mens die drukspesifikasies van ’n demper?

Die druk waarteen die demper konstant kan funksioneer sonder om uit te brand, word bepaal volgens die hoogste druk wat die stelsel waarin dit geïnstalleer sal word, ervaar. Die hoogste druk word met veiligheid bereken deur die drukverligtingsklep, drukveiligheidsklep, drukstelpunt of deurbreekdruk te gebruik. 

As hierdie syfer nie geredelik beskikbaar is nie, kan die stelsel se maksimum toelaatbare druk (“MAWP”) plus 10% gebruik word.

Voeg dan 15% by daardie druk sodat die ekstra druk die veiligheidsklep heeltemal oopmaak. Hierdie ekstra 15% druk word die akkumulasie-druk genoem.

Kortliks: die maksimum toelaatbare druk x 1.27 sal die veilige drukspesifikasie vir ’n pulsasiedemper gee. By die berekening van spanningsdruk word hierdie spesifikasie “ontwerpsdruk” genoem.

Liquid Dynamics se dempers het ’n veiligheidsfaktor wat 4.1 keer groter as ontwerpsdruk is.

’n Demper moet ALTYD meer druk kan hanteer as wat jy in jou stelsel verwag.

LET WEL: Pas op vir Europese stelsels wat volgens die PED of “Pressure Equipment Directive” gemaak is. Hulle het moontlik ’n veiligheidsfaktor van slegs 2.5:1.

 

 

 
e-pos colynLDi.za@googlemail.com
e-pos SchlebuschLDi.za@googlemail.com
Posbus ----------
mobile -----------
Liquid Dynamics International
Liquid-Dynamics.com
Fluid.Flow.Tech@Gmail.com
001-910-270-2737

 

 



Liquid Dynamics provides pipeline and pump user problem analysis, diagnostics, prediction by software, pulsation analysis, piping system analysis, and piping system simulation. For water hammer and shock solutions pulsation dampening and shock alleviating devices can be obtained from our associate websites:

 
PulseGuard Inc. for further information about pulsation dampeners / pulsation dampers.
PulseGuard.com: Pulsation Dampeners | Pulsation-Dampeners.com: Pulsation Dampener

 
Large gas bag vessels, jumbo bladders, float separator / big bellows type pipeline shock attenuators and
expansion / contraction volume compensators, surge alleviators, and shock alleviators.

Shock-Guard.com: Surge Alleviators | Water-Hammer.com: Water Hammer | Suction-Stabilizers.com: Suction Stabilizers

 
Information about energy saving in pumping systems, standby emergency power, safety shutdown systems,
hydraulic accumulators, and hydropneumatic accumulators.

Accumulators-Hyd.com: Hydraulic Accumulators

 


Fluid Flow Control Fluid-Flow-Control.com The Fluid Flow Control Source Pumps Accumulators Filters Dampers Heat Exchangers Valves Mixers P.I. / Pressure Indicators Controls Meters Vessels